top of page

Wat is Access Consciousness?

Basiese inligting oor Access Consciousness

Access Consciousness is 'n versameling praktiese hulpmiddels en tegnieke wat jy kan kies en gebruik om dít wat jy graag in jou lewe wil verander, te verander. Dis nie ‘n vaste stelsel of program wat van jou verwag om aan te sluit, in hulle te glo, of hulle te volg, nie. Jy kan nie eintlik by Access Consciousness aansluit nie, en daar is geen koste om te betaal nie. Alhoewel daar klasse en aanbiedinge is, soos die Creative Edge of Consciousness waaraan jy kan deelneem sou jy dit verkies, is Access gelukkig vir mense om min of baie / meer te kies. Elke individu besluit self oor hoe en hoeveel hulle wil deelneem. Die teiken van Access Consciousness word weerspieël in hulle slagspreek: “Bemagtig mense om te weet dat hulle weet”. Dit gaan altyd oor JOU, vir jou om te weet wat waar is en werk vir jou, en nie iemand anders na te boots nie. Neem kennis dit is nie: "wys jou hoe en waarom jy ook in die regte geloofstelsel moet pas en die korrekte gedragskodes en gelowe aanvaar nie." Daar is geen hiërargiese stelsel nie. Daar is geen vlakke om te bereik nie. Elke persoon word aangemoedig om die gereedskap te gebruik en toe te pas op alles wat hulle wil verander. Dit kan enigiets wees, van maniere waarop jy jouself beperk het tot die skep van nuwe paradigmas, vir die werk met kinders, besigheid, binne verhoudings of met jou liggaam. Gary Douglas, die stigter van Access Consciousness, het die volgende te sê oor bewussyn: "Bewussyn en Eenheid sluit alles in en beoordeel niks. Dit is die vermoë om in elke oomblik teenwoordig te wees sonder om jouself of enige iemand anders te oordeel. Dit is die vermoë om alles te ontvang, niks te oordeel nie, en om die hele heelal toe te laat om te wees wat dit is." Almal is welkom in Access, en almal word geëer. Access bemoedig en bemagtig mense om te WEES. Dit is die energie wat jy werklik is wat die kragtigste en sterkste effekte in die wêreld skep. Wil jy meer hieroor weet? Kry ‘n afskrif (In die Access-winkel) van dr. Dain Heer se ongelooflike boek op: Be You, Change the World (Wees JY, verander die wêreld). Die Access mantra is: “Die hele lewe kom met gemak en vreugde en glorie na my toe”. Let daarop dat dit nie gaan oor "O, ek wil net die goeie energie hê om na my toe te kom; hoe beskerm ek myself van die slegte? "Dit gaan oor ALLES in die lewe. Weereens sluit Access niks uit en veroordeel nie enigiets nie. Sonder mure & hindernisse op rondom ons, kan die hele lewe op wonderlike maniere opdaag!

Die Access Bars Klas & Jeug Handleiding is beskikbaar in Afrikaans!

As 'n bydrae tot die groei van Access Consciousness in Suid Afrika is die Access Bars klas en jeug handleidings sowel as die Boek van Moontlikhede beskikbaar in Afrikaans. Hoewel baie van die Access Bars Faciliteerders nie noodwendig hulle klasse in Afrikaans aanbied nie, kan jy die klas materiaal in Afrikaans versoek wanneer jy 'n Access Bars klas bywoon. Vra jou fasiliteerder of hul bereid sou wees om die Afrikaanse handleiding vir jou te laat druk indien jy dit verkies.

Wat is die oneindigende  Moontlikhede?!
bottom of page